VANDERBIJLPARK. ‘n Ma en twee van haar dogters is beseer in ‘n ongeluk op die kruising van Moffatstraat en Andrew Young net voor 17:00 vanmiddag 21 Maart.
ER24 en Netcare 911 Paramediese personeel was op die toneel waar ‘n Wit Hyundai I10 en ‘n Mazda 3 op die kruising gebots het. Die ma en een van haar dogters is deur ER24 ambulanse na die hospitaal geneem vir behandeling. Die ander dogter, wat se gesig vol bloed was in
s net lig beseer. Die bestuurder en twee insittendes van die Mazda was geskok maar ongedeerd. Volgens inligting op die toneel kan die oorsaak van die ongeluk voor die deur van die munisipaliteit gelê word deur Padtekens wat deur boomtakke verspêr word en padmerke wat onduidelik is.
FOTOS: Jannie du Plessis




