
Vaaldriehoekse diereliefhebber skryf:
Kan die vrou wat in Chaucerstraat 30 gebly het en getrek het, asseblief haar katte kom haal wat sy net so daar gelos het?
Ek kan dit nie meer hanteer om te sien hoe daai katte swartsakke oopskeur en tot honde se ontlasting eet nie, so honger is hulle! Verder veroorsaak hulle groot ongerief vir die res van die buurt, maar buiten vir dit, voel ek geen mens met ‘n hart los hul troeteldiere sommer net so nie! Die DBV is al gekontak, maar niks is nog gedoen nie.


