
‘Blye vooruitgang’ van Vanderbijlpark skryf:
Dit is verblydend om van al die nuwe ontwikkelings in ons plaaslike koerante te lees. Dit is ‘n Mega City, nogal hier langs ons Vaalrivier en ‘n deeltitelontwikkeling waar inwoners nie die ongerief van beurtkrag sal beleef nie. Nêrens lees of hoor ons van nuwe of groter rioolaanlegte wat beplan word nie. Mense, waar gaan al die ekstra riool heen? Seker maar weer na ons geliefde Vaalrivier toe!


