LifestyleLocal newsNews

CW5 se inwoners vrees siektes weens vullis

Inwoners van CW5 in die dorp sê die onooglike rommelhope wat soos paddastoele op sypaadjies en oop terreine in hul gebied opspring, maak dit onaangenaam om langer in dié woondeel te bly

 
VANDERBIJLPARK. – Inwoners van CW5 in die dorp sê die onooglike rommelhope wat soos paddastoele op sypaadjies en oop terreine in hul gebied opspring, maak dit onaangenaam om langer in dié woondeel te bly.

Nog erger, hulle vrees dat hul kinders beseer gaan word deur skadelike afval wanneer hulle skool toe stap. “Hierdie gemors gaan ons nog baie siek maak,” sê inwoners.

Mnr. Des Steyn, een van die inwoners, sê rommel word deesdae selfs in die strate weggegooi. “Ons kan nie kla oor die vullisverwydering nie want hier is géén vullisverwydering nie,” sê hy.

Mnr. Steyn het die probleem reeds herhaaldelik met die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit bespreek maar alles bly net by beloftes. Niks word aan die probleem gedoen nie.

“Dit is regtig nie meer ‘n plesier om hier te woon nie,” sê hy.

* Die foto’s toon die verval en onversorgde gebiede in CW5. Vaalweekblad het verskeie inwoners se klagtes weer by die munisipaliteit aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button