EntertainmentLocal newsNewsSport

Bespreek jou plek op pretbus na Bloem!

Groot opwinding heers reeds vir die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Engeland wat op Saterdag 16 Junie in Bloemfontein plaasvind

VANDERBIJLPARK. – Groot opwinding heers reeds vir die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Engeland wat op Saterdag 16 Junie in Bloemfontein plaasvind.

Vaaldriehoekse rugbyondersteuners wat die toets graag kuier-kuier wil bywoon, kan nou reeds plek bespreek op die pretbus wat die manne en vroue veilig en plesierig na Bloemfontein gaan neem en terugbring – maar spring gou, want net 43 sitplekke is beskikbaar!

Die koste van R2 000 sluit luukse vervoer vanaf Vanderbijlpark na Bloemfontein in, sowel as ‘n rugbytoetskaartjie en akkommodasie vir die Saterdagnag.

Die bus vertrek om 08:00 op 16 Junie vanaf Dros-restaurant in Vanderbijlpark.

Nadere besonderhede is beskikbaar by Kontak Freddie Ludick by 082 524 9981 of Judith Beukes by (016) 931 1720 of stuur ‘n e-pos na judith@parkvaal.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button