CommunityNewsNews

Brandstofpryse vir Augustus

Die departement van energie het die nuutste brandstofpryse aangekondig.

Diesel van alle grade daal met 4c per liter, terwyl petrol van alle grade met 1c per liter styg. Gas se prys sal 17c per kilogram duurder wees en paraffien 5c per liter meer.

Volgens die departement het die internasionale olieprys afgeneem en word die styging in die petrolprys aan die swakker rand toegeskryf.

Die DA en die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) het egter verlede week geëis dat die brandstofheffing dringend met R1 per liter verminder moet word. Die ANC het ook verlede maand ‘n beroep op die regering gedoen om die brandstofheffing te bevries of te verminder, terwyl die IVP gevra het brandstofheffings moet afgeskaf word.

Die Outomobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het gesê dit lyk asof die internasionale oliepryse teen einde Julie weer duurder sal word en dat motoriste se begrotings waarskynlik tot aan die einde van die jaar onder druk sal bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button