Photo GalleriesSportSportSport
Omstrede strafdrie kelder Valia
VANDERBIJLPARK. – ‘n Begrafnis-atmosfeer het Saterdag soos ‘n versmorende kombers oor die Hoërskool Transvalia gehang, nadat sy eerste rugbyspan met 37-38 deur Menlopark in die Virsekerbeker geklop is. ‘n Omstrede strafdrie in die doodsnikke het ‘n oorwinning aan die besoekers van die Jakarandastad besorg. Transvalia kom eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen Garsfontein te staan. …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Begrafnis-atmosfeer het Saterdag soos ‘n versmorende kombers oor die Hoërskool Transvalia gehang, nadat sy eerste rugbyspan met 37-38 deur Menlopark in die Virsekerbeker geklop is.
‘n Omstrede strafdrie in die doodsnikke het ‘n oorwinning aan die besoekers van die Jakarandastad besorg. Transvalia kom eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen Garsfontein te staan. Valia se eerstes kort slegs een bonuspunt om vir die volgende rondte te kwalifiseer.
Die wedstryd skop om 12:45 af en word regstreeks op DSTV kanaal 144 uitgesaai.
















































