CommunityNewsNews

Swanger vrou se liggaam gevind

Die liggaam van 'n vrou wat ses maande swanger was is Vrydag deur 'n toeris aan die onderkant van die hange van 'n ravyn naby die Oribi Gorge-natuurreservaat aangetref.

Die toeris was besig om voëls dop te hou en fotos van die omgewing te neem.

Die vrou, bekend as Nelisa Cele, was ‘n verpleegster. Sy het glo Woensdag haar woning verlaat om ‘n motorooreenkoms te finaliseer en nooit weer teruggekeer by haar huis.

Die voorval word deur owerhede ondersoek.

Nelisa Cele. Foto: Maroela Media

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button