EntertainmentLocal newsNational
Vaalpark Primêr sprankel in Big 40 Bash
Vaalpark Primêre Skool se leerlinge en personeel het hul vanjaar weer oortref met hul vierjaarlikse kinderkonsert

Vaalpark Primêre Skool se leerlinge en personeel het hul vanjaar weer oortref met hul vierjaarlikse kinderkonsert, Big 40 Bash. Al 1 147 leerlinge het aan hierdie skouspel deelgeneem en die saal was al vier aande stampvol. Die Big 40 Bash was deel van die 40ste-bestaansjaarvieringe van Vaalpark Primêr. Die skool se personeel, ouers en leerlinge vier hierdie besondere mylpaal van 40 wonderlike en suksesvolle jare met ‘n traan in die oog. Mnr. Jan Viljoen, die skoolhoof van hierdie pragskool, verlaat aan die einde van die jaar die onderwys om ‘n welverdiende aftrede te geniet.




