Local newsNewsNewsBreaking News

[Video en foto’s] Jong vrou neem afskeid van haar Ford

Jong vrou neem afskeid van haar Ford

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Om afskeid te neem van jou getroue ou Ford wat ‘n lang pad saam met jou gestap het, is maar ‘n baie hartseer saak.

Dis wat gistermiddag met Cindy Kemp gebeur het toe sy na werk ewe rustig met haar Ford Focus 1.8 diesel model in Frikkie Meyer boulevard afgery het. “Ek het rook onder by my voete sien uitkom en besef iets brand. “Oomblikke later was daar vlamme en ek het gestop,”vertel Cindy aan Vaalweekblad. Volgens Cindy het sy uitgespring en al haar besittings in die voertuig uitgehaal en na haar vriendin se kar geneem wat agter haar gery het.

Die Ford het vinnig gebrand en toe die brandweer opdaag was dit reeds te laat. Haar Fordjie het vir ewig gegroet maar volgens haar het sy darem versekering op die voertuig. Toe een van die branweermanne met haar praat het sy gesê: “She’s gone, she’s dead now. She’s laying and rest now”.

Beeldmateriaal : Shane Pretorius

Foto Gallery: Jannie du Plessis, Clayton Taylor en Shane Pretorius

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button