Vrou ernstig beseer by Mall ongeluk
du Plessis - Vaalweekblad VANDERBIJLPARK. - 'n Vrou is ernstig beseer in 'n ongeluk gisteraand (Saterdag 6 April) by die robot langs Vaal Mall op die kruising van Rosinni boulevard en die R42 (Barrageweg).
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou is ernstig beseer in ‘n ongeluk gisteraand (Saterdag 6 April) by die robot langs Vaal Mall op die kruising van Rosinni boulevard en die R42 (Barrageweg).
Die ongeluk het na 20:00 plaasgevind. Die vrou het ‘n groot sny aan haar kop opgedoen en ER24 paramediese personeel het haar op die toneel behandel en na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Haar broer wat langs haar in die rooi Ford KA was, was erg geskok maar ongedeerd.
Die vroue bestuurder van die Audi A4 en haar vroue passasier was ongedeerd. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die polisie en verkeer was op die toneel en die saak word ondersoek.


















