HealthLifestyleLocal newsNationalNews

Driehoek-tragedie: Erg beseerde Nicole neem eerste tree op pad terug skool toe

Lang herstelpad lê voor maar moedige Nicole se wil is sterk

 

Nicole Nel, een van die Graad 8-leerlinge wat erg beseer is in die brugtragedie van 1 Februarie, het gister, 8 April, vir die eerste keer teruggekeer skool toe.
Hier is ‘n boodskappie wat haar ma, Coerien, gister geskryf het:
Nicole was vandag vir die eerste keer terug skool toe. Die weer het nie lekker saamgewerk nie. Sy het baie seer gehad, so ek het haar so net voor 10:00 weer gaan haal.
Dis nog ‘n lang paadjie wat voorlê, maar ons is al so ver…
Nicole is regtig baie sterk en ek is super trots op haar. Almal was bly om haar weer te sien; sommer dadelik ‘n string maats om die motor vanoggend en almal wou help waar hul kan.
Ons is tans besig om werk op te vang. Ek het nie dat Nicole skoolwerk doen tot en met nou nie, daar was net nie tyd nie, en fisies en emosioneel was dit ook net nie moontlik nie. Nicole het vanmiddag ‘n stywe wiskunde klas van 2 en ‘n halwe uur ingewerk by Master Maths so ons is aan die rol.
Ons dien ‘n groot God en ek en Nicole sê elke dag nog dankie dat ons vir mekaar gespaar is.
Ons het net mekaar en dinge kon so anders gewees het. Nicole is my lewe.
“Nicole my liewe kind. Mamma is so trots op jou. Ons is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee. Mamma is so dankbaar!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button