Entertainment

Langasems spook sake uit

Christiaan Cloete VEREENIGING.- Die D7-skolelandloopbyeenkoms wat Saterdag by Phoenix High School plaasgevind het, het ‘n voorsmakie gebied van die tipe aksie wat Vaaldriehoekers te wagte kan wees wanneer die room van Gautengse skole-landloop die komende naweek op Vereeniging toesak. Die Gautengse Skolekampioenskapsbyeenkoms vind Saterdag by Phoenix High School plaas. Dit is hier waar die span …

Christiaan Cloete
VEREENIGING.- Die D7-skolelandloopbyeenkoms wat Saterdag by Phoenix High School plaasgevind het, het ‘n voorsmakie gebied van die tipe aksie wat Vaaldriehoekers te wagte kan wees wanneer die room van Gautengse skole-landloop die komende naweek op Vereeniging toesak.
Die Gautengse Skolekampioenskapsbyeenkoms vind Saterdag by Phoenix High School plaas. Dit is hier waar die span gekies sal word wat Gauteng by die nasionale kampioenskap sal verteenwoordig.
Die afgelope naweek se byeenkoms het as uitdunne vir die provinsiale byeenkoms gedien met slegs die top ses atlete in elke ouderdomsgroep wat gekies word om aan dié gesogte provinsiale byeenkoms deel te neem.
Met Gauteng wat nou al vir meer as twee dekades lank die skolelandloopkroon dra is dit vanselfsprekend dat van die beste landloopatlete in Suid-Afrika hierdie komende naweek aan dié byeenkoms sal deelneem.
Die uitslae van die D7-skolelandloopbyeenkoms is as volg:
Meisies o.9 (2 km): 1. Birgitte Bekker (LS Vryheidsmonument), 2. Tatum Maclean Pieters (Laerskool Risiville) en 3. Rania Elyacoubi (Laer Volkskool Heidelberg).
Seuns o.9 (2 km): 1. Barend Hermanus van As (Laerskool Suikerbos), 2. Chrisiano Caster (Rust-ter-Vaal Primary School) en 3. Tshishimbi Moise Tshamala (Selborne Primary School).
Meisies o.10 (2 km): 1. Dineo Hope Masika (Matsie Steyn Primary School), 2. Anneke Lombaard (Risiville) en 3. Marli Niemand (Risiville).
Seuns o.10 (2 km): 1. Teboho Nqolo (Emmanuel Private School), 2. Lesedi Modupe (LS Drie Riviere) en 3. Thando Matsemela (Sicelo Primary School).
Meisies o.11 (3km): 1. Selna van As (LS Suikerbos), 2. Minjunet Smit (Risiville) en 3. Gabriella Roos (Heidelberg Volkies).
Seuns o.11 (3km): 1. Juan Pear Delport (Laerskool AG Visser), 2. Thabiso Masike (Matsie Steyn Primary School) en 3. Siyabonga Seeri (Emmanuel Private School).
Meisies o.12 (3 km):
1. Mpho Katiso (Matsie Steyn Primary School), 2. Mulisa Tshadudi (Randvaal Primary School) en 3. Mamelo Mofokeng (LS Sonlandpark). Seuns o.12 (3 km): 1. Adriaan Bekker (LS Vryheidsmonument), 2. Seth Gerald Nienaber (LS Midvaal) en 3. Frederick Franz (LS Voorwaarts).
Meisies o.13 (4 km): 1. Marli Dimmond (Risiville), 2. Wiepke Schoeman (Heidelberg Volkies) en 3. Tiane Magariet Steyn (Volkies).
Seuns o.13 (4 km): 1. Thapelo Tshepo Radebe (Vryheidsmonument), 2. Voyo Dlongodlongo (Lakeside Estate Primary School) en 3. Motsamai Tshabalala (Emmanuel Private School)
Seuns o.14 (4 km): 1. Valtein Lebohang (Mohloli Secondary School), 2. Ferdinand Franz (HS Dr. Malan) en 3. Fitto Joseph Mokoena (Emmanuel Private School).
Meisies o.14 (4 km): 1. Mieke Smit (HS Dr. Malan), 2. Imogen van Heerden (HS Dr. Malan) en 3. Darne von Benecke (HS Dr. Malan.).
Seuns o.15 (4 km): 1. Nhlanhla Mnotoza (Sharpeville High School), 2. Tumelo Sereme (Mohloli Secondary School) en 3. Markus van der Vyfer (HS Dr. Malan).
Meisies o.15 (4 km): 1. Corli Volschenk (HS Dr. Malan), 2. Annericke Bornman (Volkies) en 3. Shannon Greyling (HS Overvaal).
Seuns o.16 (6 km): 1. Jason Henry Bowers (Vereeniging Gim), 2. Kamogelo Thiope (Vereeniging Gim) en 3. Onalerona Mokhuwa (Vereeniging Gim).
Meisies o.16 (4 km): 1. Danielle Verwoerd (Heidelberg Volkies), 2. Maritske Rautenbach (HS Dr. Malan) en 3. Nthabeleng Lebusa (Vereeniging Gim). Seuns o.17 (6 km): 1. Mbulelo Khoza (Ratanda Secondary School), 2. Tiaan van Rensburg (HS Overvaal) en 3. Monwabisi Tseku (Vereeniging Gim).
Meisies o.17 (4 km): 1. Nthabeleng Mpepo (Vereeniging Gim), 2. Lindie Coetzee (Hoër Volkskool Heidelberg), 3. Anjenet Bezuidenhout (HS Dr. Malan).
Seuns o.19 (8 km): 1. Makobe Tshepiso (Sharpeville High School), 2. Thembinkosi Mokoena (Sharpeville High School) en 3. Phumlisu Papu (Ratanda Secondary School).
Meisies o.19 (6 km): 1. Baphilile Ntlangulela (Sharpeville High School), 2. Kamogelo Morena (General Smuts High School) en 3. Michelle Jorge (Hoërskool Dr. Malan).

Related Articles

 
Back to top button