NewsNewsBreaking News

Onderwysstelsel faal leerlinge

Volgens ‘n persverklaring deur die Vryheidsfront Plus het sowat 140 000 matriekleerlinge nie universiteits- of diplomavrystelling gehaal nie. Die hoeveelheid leerders met universiteitvrystelling het egter effens verbeter en met 8% sedert 2018 gestyg. Slegs 42% (409 906) van alle leerders wat in 2008 met graad een begin het, het in 2019 matriek geslaag. Dit beteken …

Volgens ‘n persverklaring deur die Vryheidsfront Plus het sowat 140 000 matriekleerlinge nie universiteits- of diplomavrystelling gehaal nie. Die hoeveelheid leerders met universiteitvrystelling het egter effens verbeter en met 8% sedert 2018 gestyg.

Slegs 42% (409 906) van alle leerders wat in 2008 met graad een begin het, het in 2019 matriek geslaag. Dit beteken dat 566 060 leerders nie graad 12 geslaag het nie.

Die hoë jeugwerkloosheidkoers en die hoë uitvalsyfers van skoolleerlinge en universiteitstudente bewys dat die onderwysstelsel leerders faal, deur hulle nie voor te berei vir die werkplek of voortgesette studie nie. Die tekort aan die ontwikkeling van kritiese denkvermoë en vaardighede van skoolverlaters maak dit byna onmoontlik vir skoolverlaters sonder verdere kwalifikasie om die arbeidsmag te betree, aangesien die fokus verskuif het na slegs voorbereiding om die matrieksertifikaat te behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button