Minnesanger Manie en sy Christel trou
Die Vaal se geliefde minnesanger Manie Jackson word sedert gister met gelukwense oorval na hy en sy Christel mekaar die ja-woord gegee het. Manie wat hier in die Vaal begin het om aan sy loopbaan te skaaf, en toe platinum-glorie geniet het danksy sy reuse-treffer “Die hemel weet”, het Christel tydens Krone 6 voor duisende …
Die Vaal se geliefde minnesanger Manie Jackson word sedert gister met gelukwense oorval na hy en sy Christel mekaar die ja-woord gegee het.
Manie wat hier in die Vaal begin het om aan sy loopbaan te skaaf, en toe platinum-glorie geniet het danksy sy reuse-treffer “Die hemel weet”, het Christel tydens Krone 6 voor duisende toeksouers om haar hand gevra … en natuurlik was haar antwoord ja.
Die paartjie is gister in Pretoria getroud. Sowat 200 uitgesoekte gaste was teenwoordig. Daar is nog nie sekerheid of en tot wanneer die paartjie op wittebrood sal wees, voordat hulle na hul woning in Vaalpark terugkeer nie.
- Vaalweekblad wens die paartjie geluk en hoop dat die geluk Manie sal inspireer om nog so ‘n treffer of twee te skyf.



