“Weens die drastiese agteruitgang van plaaslike munisipaliteite is dit noodsaaklik dat die publiek eienaarskap neem en self aan ’n beter gemeenskap begin bou,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Anton Stander en Ruan Oosthuizen, wat onderskeidelik plaaslike regering- en omgewingsake vir AfriForum se Vanderbijlpark-tak behartig, het op 18 Februarie vanjaar ’n oudit by die Boitshepi-vullisterrein uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.
Die Vanderbijlpark-tak het ook ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur om Frikkie Meyer-boulevard en die omliggende omgewing netjies te maak.
“Ons is regtig bly om te sien dat gemeenskapslede graag wil help om hierdie gebied skoon te maak. Die dorp is vir ons belangrik en daarom sal ons voortgaan om dit skoon te hou,” sluit Ungerer af.
Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com om by hierdie aktiewe tak aan te sluit.
* Vaalweekblad sal met graagte berig oor waar inwoners herstelwerk of instandhouding gedoen het. Stuur gerus inligting aan elsje.vermeulen@media24.com



