NewsNews

SA Covid-19 gevalle styg tot 240

Die nuwe aantal positief getoetste Covid-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 240, nadat nog 38 gevalle sedert gister positief getoets het. Gauteng het tans die meeste lyers met 125 gevalle.

In die lig hiervan word mense word aangespoor om sosiale distansiëring strenger toe te pas.

Positiewe nuus is dat een lyer heeltemal herstel het en dat daar tot dusver geen sterftes weens die virus in Suid-Afrika is nie.

In totaal regoor die wêreld is tot dusver 286 660 Covid-19 gevalle. Dit sluit ‘n totaal van 11 888 sterfes in en 93 586 lyers wat herstel het.

Die hoeveelheid gevalle in die onderskeie SA provinsies is:

Gauteng – 125

Wes-Kaap 75

Kwa-Zulu Natal – 26

Vrystaat – 7

Mphumalanga – 5

Oos-Kaap – 1

Limpopo – 1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button