NewsNews

31 Maart: 1 326 SA Covid-19 gevalle

Suid-Afrika se nuuste getal Covid-19 gevalle is 1 326 (die vorige aantal was 1 280) waarvan 7 baie ernstig is. Die virus het intussen nog ‘n pasiënt se lewe geëis wat die SA sterftes op 3 te staan bring. Tot op hede het 31 mense herstel. Daar is nog 1 292 aktiewe gevalle. (Hierdie syfers mag deur die loop van die dag verander).

Daar is tans regoor die wêreld 785 807  gevalle, wat 37 820 sterftes insluit en 165 659 wat herstel het. Hierdie syfes sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 200 lande gaan gebuk onder die virus.

Covid-19 getalle regoor die wêreld wat ergste gebuk gaan onder Covid-19 (getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 164 253 (vorige getal was 142 637)  wat 3 167 sterftes insluit en 5 507 wat herstel het. Daar is nog 155 579 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  101 739 gevalle (vorige getal 97 689), wat 11 591 sterftes insluit en 14 620 wat herstel het. Daar is nog 75 528 aktiewe gevalle.

In Spanje is daar nou 87 956 (vorige getal 80 110), wat 7 716 sterftes insluit en 16 780 wat herstel het. Daar is tans nog 63 460 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 518 gevalle (vorige getal 81 470),  wat 3 305 sterftes insluit en 76 052 wat herstel het. Daar is tans nog 2 161 aktiewe gevalle.

In Duitsland is daar nou 66 885  (vorige getal 62 435), wat 645 sterftes insluit en 13 500 wat hestel het. Daar is nog 52 740 aktiewe gevalle.

In Frankryk is daar nou 44 495 gevalle wat reeds die lewens van 3 024 geëis het. Daar het darem ook 7 927 herstel, maar daar is steeds 33 599 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button