Local newsNewsNews

SAFV se Sopkombuis-projek bring verligting

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAFV) het onlangs in verskeie dorpe 'n Sopkombuisdag gehou om mense in nood effense verligting te bied.

Dit is werklik verblydend om te sien hoe mense in hierdie tyd van nood, waartydens die Covid-19 pandemie veroorsaak dat sommige mense sukkel om kop bo water te hou, steeds omgee vir hul medemens.

Die SAFV Fochville het ook ‘n Sopkombuis-projek gehou en kon op die dag 405 mense van broodjies en sop voorsien. “Die nood is veel groter as wat ons gedink het! Baie dankie aan almal wat Dag 1 moontlik gemaak het! Mense wat hulle plekke beskikbaar gestel het, vrywilligers wat sop en brode aangery het en ander wat fisies kom help het.

“Ook ‘n groot dank aan Afriforum wat opgedaag en vir ons handreiniger kom uitdeel het! Dankie aan SAPD en CPI dat julle ons veiligheid verseker het. Ons het dit opreg waardeer,” sê Suzette Ooshuizen van die SAVF Fochville.

Hulle benodig nog brood en eiers, asook enige ander kos. Indien daar enigiemand is wat verkies om eerder kontant by te dra, kan dit in die volgende rekening betaal word.

Rekeningnommer:
300151116
Rekening naam: SAVF Oberholzer
Bank:ABSA Takkode: 632005
Rekening tipe: Tjek

  • Saam vermag ons soveel meer… In die gemeenskap vir die gemeenskap
    Van die SAVF Fochville lede en helpers wat op die dag gehelp het.
    Daar is baie mense wat in nood verkeer en projekte soos dié help baie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button