
Ek het haar Trensie begin noem. Ek mag, is my hond. Die hondesalon het die week oopgemaak nadat hul ‘n permit gekry het en die nodige voorsorgmaatreëls in plek gestel het.
LEES OOK: Petrol en diesel goedkoper van vandag
Nou moet ek bieg, ek is jaloers op my hond. My kuif hang in my oë en die hare om my ore bly vasknyp in die masker se rekkies. Dit trek! Probleem is, ek mag nog nie salon toe gaan nie. Ek het my arme haarkapper in Februarie laas gesien. Nou wonder ek, as ek myself as ‘n St. Bernard vermom, sal hulle dalk my kuif vir my by die hondesalon sny?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



