CommunityLocal newsNews

Vier Ankers nooi almal na heerlike basaar

SASOLBURG. - Vier Ankers se basaar is net om die draai. Die gemeente hou van 22 tot 24 April basaar by die kerksentrum op die hoek van Eric Louw- en Felixstowestraat.

SASOLBURG. – Vier Ankers se basaar is net om die draai. Die gemeente hou van 22 tot 24 April basaar by die kerksentrum op die hoek van Eric Louw- en Felixstowestraat.

‘n Heerlike kuiernaweek word beplan.  Vrydag is daar kosverkope, verskeie stalletjies en ‘n  teetuin.  Vrydagaand tree die sanger Neil Somers om 19:00 op.  Kaartjies kos R60 per persoon en sal by die deure beskikbaar wees. Neil se liedjies word dikwels op die radio gehoor, maar “Eendag op ‘n reëndag” is sy groot treffer.  S

aterdag van vroegoggend tot die middag sal daar weer kosverkope en uitstallers wees, asook ‘n teetuin met die boeremusiek-orkes, Outydse Klanke, wat die voete gaan laat jeuk.  Die naweek word afgesluit met ’n feesdiens om vir die Here dankie te sê vir die seën wat Hy aan elkeen van ons gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button