NewsNews

R100 miljoen se Mandrax in De Deur gevind

DE DEUR. – Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 27 en 59, is in hegtenis geneem toe die Misdaadintelligensie-eenheid en die Wes-Kaapse Valke-eenheid tydens ‘n gesamentlike optrede ‘n huis in De Deur deursoek en op ‘n dwelmlaboratorium afgekom het. Een van die verdagtes is ‘n adjudant-offisier van Orlando, Soweto wat betrokke is by die vervaardiging en …

DE DEUR. – Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 27 en 59, is in hegtenis geneem toe die Misdaadintelligensie-eenheid en die Wes-Kaapse Valke-eenheid tydens ‘n gesamentlike optrede ‘n huis in De Deur deursoek en op ‘n dwelmlaboratorium afgekom het.

Een van die verdagtes is ‘n adjudant-offisier van Orlando, Soweto wat betrokke is by die vervaardiging en handel van dié dwelms. Hy het saam met die ander verdagtes gister in die hof in Vereeniging op aanklag van handel en vervaardiging van dwelms, verskyn.

Lt.genl Berning Ntlemeza, Valkehoof in die vetrek waar die Mandrax-tablette vervaardig is. Foto: Netwerk 24
Lt.genl Berning Ntlemeza, Valkehoof in die vetrek waar die Mandrax-tablette vervaardig is. Foto: Netwerk 24

 

Die polisie het net na 19:00 Dinsdagaand toegeslaan op die mandrax-vervaardigingslaboratorium in De Deur – een van die grootstes tot nog toe in Gauteng.

Die Valke-hoof, Lt.genl. Berning Ntlemeza, sê hulle ondersoek al lank die saak en hulle het Dinsdagaand toegeslaan.

Ntlemeza sê hulle gaan nie die oorlog teen dwelms wen as polisielede met misdaad betrokke is nie.  Hy sê om die rede het hulle die hulp van die gemeenskap nodig om dwelmvervaardigers en -verkopers te ontbloot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button