UPDATE – Jong meisie (9) vermoor – VIDEO
VANDERBIJLPARK. – ‘n Graad 3 leerling van Laerskool Eligwa is laasnag in haar kamer by die Periston House woonstelle in Helena Lochnerstraat op die dorp vermoor. Michelle Koekemoer(9), is vanoggend Vrydag 10 Junie deur haar ma Sonja in haar kamer gevind met ‘n tou om haar nek. Sy is vermoedelik verwurg. Sonja het volgens inligting vanoggend …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Graad 3 leerling van Laerskool Eligwa is laasnag in haar kamer by die Periston House woonstelle in Helena Lochnerstraat op die dorp vermoor.
Michelle Koekemoer(9), is vanoggend Vrydag 10 Junie deur haar ma Sonja in haar kamer gevind met ‘n tou om haar nek. Sy is vermoedelik verwurg. Sonja het volgens inligting vanoggend wakker geword self met ‘n tou om haar nek. Sy het na Michelle se kamer gegaan en Michelle se lewelose lyke gevind. Sy is toe na die buurman vir hulp. Volgens Sebastiaan Slabbert, Sonja se buurman, het sy om 09:15 by hom aangeklop en hy is saam met haar na die woonstel. Daar het Sebastiaan die lykie van Michelle op die bed gekry. Sebastiaan het toe na die winkel onder in die kompleks gegaan om lugtyd te koop sodat hy die Polisie inkennis kan stel. Hy het daar uitgevind dat hulle Sonja se handsak buite op die perseel gevind het wat hy later gaan haal het aangesien Sonja se selfoon nog daarbinne was en hulle die familie wou kontak.
Volgens Adjudant Offisier Simon Mofokatsana, Media woordvoerder van die polisie, was daar geen geforseerde ingang by die woning nie maar wel net ‘n venster wat oopgeknip was. Laat vanmiddag is Sonja deur die polisie gearresteer vir die besit van dagga wat in die woonstel gevind is. Die ondersoek duur voor. Jannie du Plessis – Mooivaal Media
Lees Vaalweekblad 15 Junie vir meer inligting.








