CommunityLocal newsNews

Dié week in Vaalweekblad – 14 Desember 2016

‘n Opsomming van hierdie week se nuusgebeure in die Vaaldriehoek

Hierdie week se Vaalweekblad – die laaste uitgawe vir 2016 –  is weer propvol interessante nuus.

* Lees meer oor mnr. Raymond Forbes (64) van Vereeniging, wat twee keer deur rowers geskiet is.

* ‘n Nuwe uitbreiding langs die gegoede Drie Riviere-Oos wat as Uitvlugt bekend sal staan, gaan langs die R54 (Vaaldampad) ontwikkel word. Die eerste fase sal voorsiening maak vir 2 000 huise, waarna die ander fases ontwikkel sal word. Inwoners van Drie Riviere-Oos vrees die nuwe uitbreiding gaan in ‘n township ontwikkel, wat hul eiendomspryse gaan benadeel.

* ‘n Amateurfotograaf van die Vaaldriehoek stap met R100 000 weg in ‘n TV-program!

* Net meer as ‘n jaar na die gesinsmoord op Thea du Preez, haar dogter Carlia en seun Phillip op 4 Desember 2015, word Fanie du Preez vandag (Woensdag 14-12-2016) in die hooggeregshof in Vereeniging gevonnis.

* ‘n Vereenigingse ma van twee jong kinders gaan 15 jaar in die tronk sit vir diefstal van R5 miljoen by haar werk.

* Voornemende rowers is skynbaar besig om honde in De Deur en Meyerton te vergiftig, Maak seker jou honde is veilig!

* Is jy op soek na ‘n spesiale vriend? Wil jy van werk verander of is jy op soek na werk? Moenie ons maatsoekers- en werksoekersrubrieke misloop nie!

* Vaalweekblad Sport is weer propvol lewendige aksie! Kyk onder meer hoe skiet die manne mekaar by die groot “Paintball”-kampioenskap by die Emerlad Resort & Casino.

Dit en veel meer in hierdie week se Vaalweekblad – nou op straat en by jou naaste winkel of kafee teen slegs R5-10.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button