NewsNews

VAALDAM: Eers droogte en nou moontlike vloede

Die Departement van Water en Sanitasie het inwoners wat naby die Vaaldam en Bloemhofdam woon versoek om hul wonings te ontruim omdat moontlike vloede die naweek kan voorkom.

Die woordvoerder van die departement, Sputnik Ratua, sê hulle verwag dat die Vaaldam en Bloemhofdam teen Sondag vol gaan wees weens die reën wat die afgelope paar dae uitgesak het.

Hulle gaan moontlik twee sluise by die Vaaldam en agt by Bloemhofdam moet oop maak wat vloede tot gevolg kan hê.

Die Vaaldama het die 80% merk oorskry en die dam is tans die volste wat dit nog was in die laaste twee jaar.

Vier maande gelede was die Vaaldam maar 26% vol en groot kommer het geheers. Vandag is die dam bykans vol en die reën duur voort.

Die Vaaldam se watervlak het binne 24 uur met meer as 10% gestyg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button