News
Nuwe week – nuwe betoging
Verskeie paaie is vanoggend versper nadat betogende inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, die strate ingevaar het.

Hulle het die paaie met brandende bande, draagbare toilette en klippe versper.
Die N14-snelweg rondom Diepsloot, die R511, die R114 en die R55 is deur die betoging geraak.
Taxi’s en ander openbare vervoer kon glad nie in die gebied beweeg nie en talle pendelaars was gestrand en kon nie werk toe gaan nie.
Die inwoners eis glo dat elektrisiteit aan hulle verskaf word.
Die N14 is net na 08:00 oopgemaak en die polisie monitor die situasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



