Local newsNationalNews

Verjaardagviering vir Driehoek-skoolhoof Hein Knoetze

Te midde van die hartseer van die afgelope weke het sakelui van Vanderbijlpark saamgespan om skoolhoof Hein se dag spesiaal te maak.

 

Baie trane het die afgelope weke by Hoërskool Driehoek gevloei en die hartseer oor die brugtragedie lê nog baie vlak. ‘n Groep sakelui van die Vaaldriehoek het verlede week besluit om Hoërskool Driehoek, te midde van die hartseer, met ‘n verjaardagviering vir skoolhoof Hein Knoetze te verras om die aandag ‘n rukkie van die hartseer gebeure af weg te lei. Elke leerling en personeellid het ‘n boereworsrol wat op die perseel gebraai is, sowel as ‘n koeldrank ontvang.

 
Die borge wat gehelp het om die dag moontlik te maak was:
Phillip Bruwer van Vaalpark Sasol
Jamie Maree van Mica Riverside
Wilna & Christo Dreyer van Multigenerator en Multispray paneelkloppers
Pieter Strydom van Auto Investments
Dries van Tonder van Elite Auto
Titch Longworth van Electroware
Riana & Fritz Terreblanche van Taljaard Taxi’s
Hennie & Gerhard van Gas Monkey
Leon Lamprecht en personeel van Rockfast Construction
Afriforum
Attie du Plessis en die braaispan

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button