BlogsCommunityLetterLocal newsNewsOpinions

Is menselewens dan so min werd?

Is herstelwerk aan dié gehawende brug te duur om menselewens te beskerm?

Peet Schabort van Deneysville skryf:
Ons staan aan die vooraand van nog ‘n verkeersdrukte op ons land se paaie, dog skyn dit asof daar van owerheidsweë ‘n slapte bestaan oor die instandhouding en verkeerstekens van hierdie infrastruktuur.
Die Ascot-on-Vaalbrug is ‘n belangrike verbinding tussen die Vrystaat en Gauteng maar is in ‘n skokkende toestand met verskeie gate in die relings en op twee plekke hang stukke beton gevaarlik oor die kant van die brug.
Daar word gepredik oor padveiligheid maar dit lyk vir my of hier nie konsensus bereik kan word watter van die twee provinsies verantwoordelik is vir die herstel van hierdie brug nie. Selfs die padoppervlakte is in ‘n hobbelrige toestand wat daartoe kan lei dat ‘n bestuurder beheer oor sy voertuig verloor. In September was daar reeds ‘n noodlottige tromp-op botsing op die brug. ‘n Jong man het sy lewe in die ongeluk verloor. Sou die een bestuurder dalk as gevolg van die padoppervlakte beheer verloor het?
Die GPS van hierdie brug is: S26 43 15.45 E27 53 41.9
Ook op die R59 tussen Vereeniging en Vaalpark is daar ‘n enkelbaan in beide rigtings waar daar kort-kort ernstige ongelukke plaasvind. Dit is werklik tyd dat ook hier aandag aan gegee word, of is mense se lewens goedkoper?
Die GPS is tussen S26 44 05.02 E27 53 39.88 en S26 46 45.42 E27 51 49.24
Is dit moontlik om hierdie skrywe aan te stuur na die betrokke minister?
Geseënde Kerstyd aan alle motoriste, en ligloop op ons paaie wat nie op standaard is nie, plus ook die ongeduldige motoriste wat met ‘n kamakazi-houding op die paaie voortsnel.

Gevaarlike openinge in die betonreling
Gevaarlike openinge in die betonreling
Geen weerkaatsers op kante van brug 22 Nov 2016
Geen weerkaatsers op kante van brug 22 Nov 2016
Aanloop na brug met 'n blinde draai (Foto 22 Nov 2016)
Aanloop na brug met ‘n blinde draai (Foto 22 Nov 2016)
Stukke beton hang gevaarlik van die brug af.
Stukke beton hang gevaarlik van die brug af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button