
Soniya is laasjaar tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir die moord op haar dogtertjie, Michelle (9), na sy skuld erken het dat sy haar kind doodgemaak het.
Dawie Viljoen, Soniya se stiefpa, het aan die 90.6 FM Stereo Nuusspan gesê sy stiefdogter is Sondag na die hospitaal gejaag nadat sy haar polse en keel met ʼn skalpel oopgesny het. Soniya, wat in Johannesburg Sentraal haar vonnis uitdien, is glo laas week in die hospitaal behandel vir asma waar sy vermoedelik dié skerp mediese-instrument gesteel het.
Volgens Viljoen is dit die tweede keer sedert haar inhegtenisneming dat Soniya in die tronk probeer selfmoord pleeg. ’n Proefbeampteverslag wat verlede jaar as deel van voorvonnisverrigtinge opgestel is, is Sonia as 15-jarige meisie met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer en het al 27 keer probeer het om selfmoord te pleeg.

Verdere inligting sal volg.



