R1 000 borg vir Marissa na moordklag
VANDERBIJLPARK. - Die twee beskuldigdes in die vlakgraf moordsaak het verlede week drie keer in die landdroshof verskyn nadat hulle weens die moord op ’n vriend wat by hulle gekuier het, in hegtenis geneem is.
Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – Die twee beskuldigdes in die vlakgraf moordsaak het verlede week drie keer in die landdroshof verskyn nadat hulle weens die moord op ’n vriend wat by hulle gekuier het, in hegtenis geneem is. Nadat Marissa Barnard (52) op 6 Februarie in hegtenis geneem is weens die moord op Gerhard Erasmus (50), asook vir ‘n addisionele klag van regsverydeling, het sy en Gerrie Mulder (40), weer op 7 Februarie in die hof verskyn. Mulder het om regshulp van die staat aansoek gedoen, waarop Barnard aangedui het dat sy van die dienste van prokureur David Mey gebruik gaan maak. Die twee beskuldigdes het Vrydag weer in die hof verskyn. Mulder se prokureur van Legal Aid het namens hom verskyn. David Mey het die staat in sy borgaansoek gevra om in ag te neem dat sy ‘n pensioenaris is en buiten vir ten minste vier vorige oortredings, aangevoer dat sy net R1 000 tot haar beskikking het vir borg. Die staat het dit nie teengestaan nie en het borgtog van R1 000 toegestaan. Barnard moet drie keer per week by die Barrage-polisie aanmeld en mag die saak met geen familielid bespreek nie. Vaalweekblad het Dinsdag 14 Februarie, op Valentynsdag, met Barnard gesels en sy het baie hartseer vertel dat, nadat sy op Vrydag 10 Februarie op borgtog vrygelaat is, en sy by haar kleinhoewe op Nanescol aangekom het, sy met ‘n skok moes agterkom dat haar huis feitlik gestroop is. Volgens Barnard is die meeste van haar elektriese ware, insluitend die televisie en haar hoëtroustel gesteel. Barnard het ook huilend aan Vaalweekblad vertel dat sy baie eensaam is en die vermoorde Gerhard Erasmus
baie mis. Vaalweekblad het ook inligting bekom dat Gerrie Mulder ten tyde van die moord werkloos was en dat hy van plek tot plek geswerf het en snags in sy motor geslaap het. Intussen het die ondersoekbeampte in die saak, speur-adjudant-offisier Mac Grobler inligting van ‘n baie betroubare ooggetuie bekom waar die moordwapen waarskynlik ‘n knuppel, deur Mulder in die Rietspruit agter die Lochvaal Hotel gegooi is. Saam met kapt. Sam Grundling, hommeltuigvlieënier Eugene Lawrence en sy assistent, Quinten Mienie het hulle op 10 Februarie heen en weer oor die vyf meter hoë riete gevlieg om na die knuppel te soek. Dit het ongelukkig nie vrugte afgewerp nie en het hulle het Sondag vir sowat drie ure per boot tussen die riete gaan soek, maar son
Die polisie het Sondag ook onsuksesvol gesoek na die vermiste wapen (moontlik ‘n knuppel) wat Gerrie Mulder tussen die riete agter die Lochvaal Hotel in die Rietspruit gegooi het. Foto: Verskaf der enige sukses. Die moontlikheid bestaan dat die knuppel onder die water lê en nie tussen die digte riete vasgeval het nie. Erasmus is op 31 Januarie omstreeks middernag deur Mulder vermoor. Die twee mans en hulle vriendinne het by Barnard se huis op die Nanescol kleinhoewes gekuier. Mulder se vriendin, Juanita Clingen (29), wat hom glo net ‘n kort tydjie ken, was ook ten tyde van die moord teenwoordig en het intussen staatsgetuie geword. Na die aanval op Gerhardus het hulle hom glo in die bad gesit, waar hy later dood is. Hy het ‘n groot gat in sy voorkop gehad, asook verskeie ander wonde aan sy gesig en ‘n meswond in die sy. Die volgende oggend het Mulder en die twee vroue met die oorledene se lyk in die kattebak na Parys gery, waarna hulle later sy lyk in ’n vlak graf in Vaalpark begrawe het. Mulder en Clingen is Donderdagmiddag 2 Februarie op die Stokkiesdraaipad deur die Barrage-polisie, die blitspatrollie en die polisie se gevleuelde-eenheid in hegtenis geneem. Gerhard Erasmus se verassingsdiens het Vrydagoggend, dieselfde tyd wat sy twee beweerde moordenaars in die hof verskyn het, plaasgevind. Die saak is Vrydag uitgestel na vandag (Woensdag 15 Februarie), waar Barnard en Mulder weer in die hof moet verskyn. Mulder bly egter steeds in aanhouding by Leeuhof gevangenis. Rucindi Myburgh verskyn namens die staat as staatsaanklaer, terwyl landdros Kelaotswe die staat se saak hanteer.








