Die woordvoerder van die departement, Sputnik Ratua, sê hulle verwag dat die Vaaldam en Bloemhofdam teen Sondag vol gaan wees weens die reën wat die afgelope paar dae uitgesak het.
Hulle gaan moontlik twee sluise by die Vaaldam en agt by Bloemhofdam moet oop maak wat vloede tot gevolg kan hê.
Die Vaaldama het die 80% merk oorskry en die dam is tans die volste wat dit nog was in die laaste twee jaar.
Vier maande gelede was die Vaaldam maar 26% vol en groot kommer het geheers. Vandag is die dam bykans vol en die reën duur voort.
Die Vaaldam se watervlak het binne 24 uur met meer as 10% gestyg.



