News

Paramedikus doodgeskiet

'n Paramedikus van Pietermaritzburg is Vrydagaand koelbloedig voor die Edendale-hospitaal doodgeskiet toe hy sy werksplek verlaat het.

Maroela Media berig dat Sibusisi Mtethwa (36) Saterdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, sê hulle is geskok oor die voorval en dit is skokkend om te dink mens se lewe is so min werd.

Die voorval het net na 19:00 plaasgevind.

Mtethwa was verbonde aan die Mbali-nedersetting nooddienste.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button