Wonderboom en kie ‘rock’ bierfees
Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – As jy slaap mis jy uit! As jy nie Saterdag by Stonehaven se Lente Bierfees was nie, het jy waarskynlik die Partytjie van die Jaar misgeloop. Van vlotwedrenne tot biki-kompetisies en dan natuurlik die belangrikste… die rock bands was op die spyskaart. Hoewel klankgoggas die program vertraag het, het Crash …
Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – As jy slaap mis jy uit! As jy nie Saterdag by Stonehaven se Lente Bierfees was nie, het jy waarskynlik die Partytjie van die Jaar misgeloop.
Van vlotwedrenne tot biki-kompetisies en dan natuurlik die belangrikste… die rock bands was op die spyskaart. Hoewel klankgoggas die program vertraag het, het Crash Car Burn die verrigtinge op ‘n hoë noot afgeskop. Hul vertoning het die tafel vir ‘n rock-fees soos min gedek. Prime Circle en Gangs of Ballet asook Pascal & Pierce het soos altyd geskitter, maar Wonderboom – wat eersdaags vir die internasionale groep Guns and Roses gaan open – het die kollig met ‘n puik vertoning gesteel. Een ding is verseker dat Stonehaven nou maar oor daardie vermoë beskik om puik feeste reël wat oud en jonk laat terugkeer vir meer.




























































