Dis moontlik maar nie maklik nie!
VANDERBIJLPARK. - Ry mens deur die dorp is dit duidelik sigbaar dat party inwoners en besighede hard probeer om die dorp in stand te hou, terwyl ander klaarblyklik moed opgegee het.
VANDERBIJLPARK. – Ry mens deur die dorp is dit duidelik sigbaar dat party inwoners en besighede hard probeer om die dorp in stand te hou, terwyl ander klaarblyklik moed opgegee het.
Om inwoners en plaaslike besighede aan te moedig om nie net terug te sit en te kyk hoe ons dorp verder verval nie, het Ster South die Maak Vanderbijl Mooi-projek die lig laat sien. Ons het reeds oor verskeie besighede berig wat uit hul pad gaan om hul perseel, die pad na hul perseel, asook die omgewing en middelman voor hul perseel in stand te hou. Maar dié besighede verdien erkenning en ‘n stywe handdruk, want dit is nie ‘n maklike taak nie. Terwyl hulle mooi maak en opbou, is daar gereeld terugslae.
Koos & Mike Motorhandelaars naby die Brandweer in die die dorp kan hiervan getuig. Hulle het al die middelmannetjies rondom hul twee persele mooi gemaak, palmbome laat plant in spesiaal-geboude houers. Verlede week tydens onluste op die dorp is alles verwoes en die palmbome gesteel. Dit is duisende rand se verlies. Verlede Donderdag het Koos & Mike Motorhandelaars weer die groot taak aangepak en alles weer mooi gemaak en nuwe palmbome geplant. Nog ‘n plaaslike besigheid wat hard werk om die omgewing rondom hul besigheid mooi te hou, en al soms gevoel het om moed op te gee maar steeds volhard, is Ergon Golf Carts op die hoek van Alheitstraat en Rossini-boulevard. Hulle het spesiaal plaveisel laat lê vir voetgangers, maar elke keer as ‘n waterpyp bars moet die plaveisel vervang word.
“Ons voel trots om ons tuin en die omliggende area netjies en in stand the hou. Dit wys ons trots en laat ons kliënte welkom voel. Ons glo dat as almal hulle deel doen ons Vanderbijlpark weer ‘n spogdorp kan maak,” sê Linda Schwab van Ergon Golf Carts. Ster South stem volkome saam en is super-trots op besighede soos Ergon Golf Carts, Koos & Mike, Harcourts, Die Palms ens. wat inspring en Vanderbijlpark probeer red. Indien jou besigheid ‘n positiewe bydrae gemaak het, neem ‘n foto en stuur dit aan elsje.vermeulen@media24.com of kontak Elsje by (016) 950 7051. Ster South sal daaroor berig en nie net vir inwoners wys wat jou besigheid vir die omgewing gedoen het nie, maar ook bietjie meer oor jou besigheid met inwoners deel. Dit is ‘n wen-wen geleentheid vir besighede – raak betrokke!

is Donderdag weer geplant nadat die
voriges gesteel is. Foto’s: Elsje Vermeulen

wat vuilgoedsakke wegry teen
slegs R5 per sak. Hy ry dit na die groot
ashoop naby Cape Gate. Skakel hom
gerus by 084 469 6279 sodat vullis nie
by jou woning opgaar nie.



