Vacancies

So SMS ons lesers

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet …

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook volledig wees en sin maak.

* Kan die persoon wat ‘n SMS op bladsy 11 in 7-9 Oktober se Vaalweekblad geplaas het van kruie wat help vir hittegloede, my asb. laat weet wat die naam van die kruie is? 084 223 7400.

* Ai so jammer vir die pensioenaris wat ‘n skenking van ‘n miljoen rand soek. Ek wou, maar jy laat geen nommer nie. Frik E.

* Asb. Daar was ‘n tyd wat mens by klerewinkels kon instap en vra vir ‘n broekpak. Nou kry mens los broeke en los toppies wat apart gekoop moet word. Waar kry mens nog mooi broekpakke in die Vaal3hoek? PS.

* Daar is ‘n sekere blonde girltjie wat werk by ‘n internet kafee in Vanderbijlpark. Dolla, jy’s darem baie ongeskik met kliënte! Sies man.

* Die wat nie kan sien dat die einde naby is nie, hou hulle blind. Kyk om julle, kyk hoe gaan dit in die wêreld. Maar voor die einde, kom daar ‘n tydperk van smarte. Ons gaan dit ervaar want dit is besig om te gebeur. Gaan lees Jesus se profesie in Matt 24. Jesus waarsku ons teen ‘n baie, baie, slegte herder wat sal kom. Pasop vir hom kinders van God. Jesus is die goeie Herder. Wees gewaarsku. Susan. 083 892 9267.

* Die boodskap is nie oor suur druiwe nie. Ek wil net vir ander weerlose vrouens wat by ‘n sekere gym in Vereeniging prooi val vir ‘n rokjagter, waarsku. Die persoon skat ek in sy laat dertigs en hy gebruik verskillende noemname as hy op hartseer, weerlose vrouens uit gebroke huwelike of verhoudings toeslaan. Hy vat jou nommer en bel jou en as jy jou weer kry, slaap julle saam. Dan spoeg hy jou uit en behandel jou sleg daarna. Wel, ek het uitgevind ek is nie die enigste p@@p@l wat hy seergemaak en misbruik het, en boonop is hy getroud. Hoekom moet daar sulke mans wees? Ek het my vertroue in hulle verloor. Wees gewaarsku. SS.

* Ek deel die volgende met die lesers. My vrieskas het skielik ophou werk. Piet 083 522 6582 en Bennie 083 231 4927 het uit hul pad gegaan om my vrieskas op my perseel reg te maak. U kan gerus van hul diens gebruik maak.

* Ek is ‘n ou tannie met een klein dogtertjie. Gaan slaap vroeg en gebruik so min moontlik krag, maar my rekening is oor R5 000. Gee asb. raad oor wie ek kan kontak om te help. Om in te gaan na die munisipaliteit help nie. Ek is ‘n pensioenaris en kan dit nie betaal nie.

* Ek is op soek na my stiefsuster. Sy het in Vaalpark gewoon, maar ek het verneem dat sy verhuis het na Witbank, waar sy nou woon. Haar ma se naam is Sandra Greyling. Indien iemand van haar weet, kan julle my kontak asb? 076 351 0313.

* Ek is op soek na ‘n Ford Escort 1998 model se regter agterdeur se binneslot. Dis ‘n sedan standaard. Charmaine. 073 777 1434.

* Ek is op soek na die ou draad tuinstelle. Indien iemand het, kontak my asb. 084 223 7400.

* Ek soek dringend na ‘n plot om te huur met ‘n huis en boorgatwater asb? Langtermyn met opsie om te koop. George. 082 681 2941 of 082 843 5816.

* Ek soek popelier, denne, bloekombosse en bome om te koop. Dringend. Gerhard. 072 703 1864.

* Ek soek veilige parkering vir my bakkie in CW 2 naby Becquerelstraat. Jacky. 073 446 2504.

* Ek wil graag by ‘n kerk in Meyerton aansluit, maar het nie vervoer nie. Ek bly in Kookrus. 078 887 6409.

* Ek wil net vir Lunar Paving bedank vir uitstekende werk! Happy kliënt.

* Gaan Liebigstraat in Vanderbijlpark ooit weer straatligte kry?

* Gatvol vir gillende kinders oor naweke in swembad en ouers wat toelaat dat hulle ‘n steurnis vir die bure is! Kan iets daaromtrent gedoen word en waar? LB.
(Aktiveer jou kar se alarm om hulle heeldag te irriteer en druk pluisies in jou ore. Of wees gaaf en koop vir hulle lekkers om hulle monde toe te hou. Red).

* Ek is op die snelweg voorgekeer sonder ‘n voorste nommerplaat op my motor. Ek weier toe om Engels te praat, sy wip haar g@t en gee my ‘n kaartjie van R1 000, asook ‘n brief in Engels dat ek my oortreding verstaan, nadat ek vir haar gesê het ek verstaan nie Engels nie. Wat nou? Help asb. Dankie. Ek is ‘n pensioenaris.

* Gevra: suiwer heuning in plastiekbotteltjies teen billike prys asseblief. SMS 082 824 1963. Marlene.

* Goeie dag lesers ek is dringend op soek na enige blyplek, buitekamertjie verkieslik by Christelike mense, sal werkies in en om die huis doen. Is sober, eerlik en lojaal. 60 jaar oud. Help asb. 078 887 6409.

* Goeiedag, ek wil net hoor of daar nie iemand is wat vir my Transvalia skoolklere het van ‘n kind wat nou klaarmaak met skool nie? Dis vir ‘n dogter wat graad 8 toe gaan. As iemand my kan help sal ek baie bly wees, sal dit koop. 073 802 7301. Baie dankie.

* Ek is op soek na elektriese of petrol weeteater in ‘n werkende toestand. Sal betaal. Dankie. 083 945 3890.

* Goeiemiddag ek is op soek na ‘n goeie betroubare kar. Netjies opgepas, nie hoë kilo’s nie. Dankie. Susan. 082 793 2933.

* Hallo die oop stuk grond agter Midvaal laerskool wat so ontsierlik is: bou woonstelle of town huise daar, dit sal darem beter lyk vir ons dorp. Dankie.

* Hallo ek vra asb. hulp vir seunsklere van 13 tot 14 jaar oud en vir my xl, ek bly in Vdbp. 074 701 0849 en 079 822 4392. Tina. Dankie.

* Hi is op soek na familie van die Pienaars wat in Vereeniging gebly het. Hulle is Ina, Dot, Chris en Johnny. Basie en Kiewiet is oorlede. As iemand inligting het, kontak my asb by 061 360 7725. Baie dankie.

* Hi mense ek is dringend op soek na werk as begrafnisondernener, het ondervinding. Asb. help my. Norman. 083 997 2099.

* Hoekom was Alicia nie onder wenners by Hoofkantoor Pub nie? Wat ‘n stem? Baie ander het ook so gedink. Groete.

* Goeie dag lesers is daar dalk iemand met ‘n goeie hart wat ‘n klein scootertjie of trapfiets aan my kan skenk, ek sukkel om van punt A na B te kom. Help asb? Kan iemand my dalk asb. help met ‘n buiteband vir ‘n gomoto 125cc scootertjie wat hulle nie meer gebruik nie? Sal dit hartlik waardeer. 078 887 6409. Ek bly in Kookrus, Meyerton en het nie vervoer nie. Help asb. tog. Dankie hoor.

* Ja daar is verskillende rasse met verskillende genetika, maar dis nie te sê die een moet noodwendig op die ander neersien nie. Goeie en slegte mense onder almal.

* ’n Vorige SMS verwys: Jan jy is stupid oor rivieroewerbrand. Ek sal julle haasmane laat toesluit, want die brandweerwet laat my toe. Jy het my nie geantwoord oor die ontwikkelaars nie. Jy dink jy is ‘n hero.

* Nou toe nou! Maande later en ek het nog steeds nie ‘n bewys van my inkomste nie. Ek wonder wat die pastoor van die omgewing daarvan sê! As jy nie bewys wat jy kan sê van ander nie, bly dan liewer stil! Marietjie.

* Kan iemand my help of raad gee hoe om my sitkamerstel te Scotch guard? 083 380 4689.

* Kan iemand my sê: Ek en my vrou is al omtrent 15 of 16 jaar geskei. Waar kry ek ‘n brief om dit te bevestig? Hof in BFN waar ons geskei is het niks van ons nie.

* Kan Jack Fourie, motorwerktuigkundige van Kookrus, Meyerton my asb. skakel? 078 887 6409.

* Looking for head lamps for a 1975 citroen club cx2. Elsa. 079 621 2193.

* Op 24 Oktober gaan hope (NPO) ‘n tweedehandse goeie klere uitverkoping hê, kinderklere, dames en mansklere by die City Road house, h/v Jim Fourie en Sandriverstraat in Riversdale. Dankie. Stella. 084 896 6496.

* My dapper soldaat, hoe kon jy toelaat dat ek jou saam met ons kind begrawe? Net GOD kan my wonde genees!

* Keys were found in Klipriver Drive in Vereeniging on October 8. Contact me on 082 803 0696.

* Iemand soek kruiewinkel in Meyerton. Het raad vir gloede en gesighare. Kan jy asb. die raad met my ook deel? Dankie. Dwerg. 071 357 6684.

* NG kerk laat gay-predikante en -seks toe, maar erger is dat hul Jesusredding verwerp en sê dat ons onsself kan red met ‘n vroom lewe en om die wet te hou (Anti-christ!) 082 405 5669. Thys.

* Ongelukkige inwoner. Ek bly oorkant Meyerton High. Ek sal graag wil hê julle moet sien hoe lyk die skoolterrein van papiere en ander rommel, dit is ‘n gesondheidsrisiko en dit kan rotte en muise lok. Ek het al met die skoolhoof en Midvaal Munisipaliteit gepraat, maar niks gebeur nie.

* Op soek na ‘n buitekamer te huur asb. Kan net R400 pm. betaal. Dankie. Amanda. 079 017 9459.

* ‘n SMS in Vaalweekblad verwys: Ag tog, die onsekere vrouens met hul rondloper mans. Hy verdra maar net sy vervelige goeie vrou omdat hy nie ‘n deel van sy swaarverdiende skatte wil afstaan en die “loslappie” het sy aandag en liefde en geniet dit! SM.

* Vanoggend (Donderdag) sit ek vroeg op my stoep en koffie drink. Ek bibber van die koue. Kan nie glo ons het ’n paar dae terug gesweet van ’n hittegolf nie. Lyk my ons weer is net so deurmekaar soos die politiek en ons kerksake! Petrus.

* Arme drommel wat ’n miljoen rand soek… Net jammer jy het vergeet om jou kontakbesonderhede ook in te sit. Het ‘n los miljoen wat ek nie gebruik nie, maar kan jou ongelukkig nie kontak nie.

* Vaalweekbladlesers, deel asb. jul kosbare wenke en raad met ons ivm gout (jig). Dankie. Leser.

* Veronica (Vlooi) of Jessica, soek dringend na julle, SMS asseblief ‘n nommer waar ek julle kan kontak na 082 093 2690.

* Vir die mense wat ou tydskrifte en koerante vir my gebring het sê ek baie dankie weer eens. As iemand dalk nog enige ou tydskrifte en koerante het, sal ek dit baie waardeer of enige ander leesstof. Na ek dit klaar gelees het, gee ek dit weer af by die plaaslike kliniek, biblioteek en ouetehuis hier. Ek woon in Parys. Hendrie. 076 413 9729 enige tyd. Baie dankie.

* Vaalweekblad mag seker nie berig oor twee motors wat gesteel is by die Vaal Mall gedurende September nie, want dit sou negatiewe reklame wees vir hulle besigheid. Die karwagkonsortium word ook gedek deur die vrywaringskennis teen die Mall se muur wat hulle beskerm teen enige verlies of skade aan ons eiendom. James.

* Wil net vra of daar iemand van die polisie is wat vir polisievoertuig met reg. no. BSS 252 B kan leer hoe om flikkerligte te gebruik, want hul draai waar hul wil sonder enige tekens. Dankie.

* Ek trek vandag bloed by ‘n bekende mediese diens in Vanderbijlpark. Die dame was nie haar hande nadat sy nou net ‘n ander persoon se bloed getrek het nie. Handskoene word aangetrek en word weer eens sommer aan die vingergedeelte gevat om nou darem gemaklik te sit! En is die patoloë verbaas oor die hoë aantal siek mense in die hospitaal! Seker weer ‘n kiem in die lug. SE.

* Ons soek asseblief ‘n groot kamer of motorhuis dringend voor die einde van die maand. Ons moet uit waar ons tans bly in Sasolburg. 082 499 9471.

* Die karwas by ’n sekere winkelkompleks in Vdbp het geen bord met pryse buite op nie en die pryse styg oornag sonder kennisgewing. Die eienaar-vrou skree op kliënte as hulle kla oor pryse na die was en sy volg hulle tot in die kettingwinkel en maak ‘n groot bohaai. Wonder waarvoor gaan bid sy smiddae?

* Is daar privaatmense wat vir mens kan geld leen om af te betaal? Bereid om 30% rente te betaal? Op soek na ‘n klein lening (U kontaknommer ontbreek. Red).

* Dis sommer lekker om so ‘n mooi dame op die voorblad te sien so vroeg in die more. Groete. Oom Kalimarie.

* Karoake oom. Nee wat ons ken daai girl! Haar naam loop haar vooruit! Sy sal nooit tevrede wees met een man nie! Maklik om nou die skuld op haar man te plaas! Die Here slaap nie!

* Silver metallic blinds in near perfect condition for sale. Bigger blind is 2.05m wide, 1.445m high. Two smaller blinds are 0.85m wide, 1.1m high. 082 845 1669.

* Outydse babastootwa met groot wiele gesoek. Enige toestand. 073 087 0967.

* Aardbol gesoek om te koop. 084 342 2419.

* Soek hout baba-eetstoel. Enige toestand. 084 342 2419.

* Wastafel gesoek om te koop. 073 087 0967.

* Dis absoluut skokkend om te sien in watter haglike, vuil toestand Vereeniging Polisiestasie is. Die aanklagkantoor en kantore waar jy verklarings moet aflê is smerig vuil, staan vol stukkende stoele en lessenaars, die blinders is vuil en hang in flarde. Kan iemand nie iets daaraan doen nie?

* Ons soek die matrieks van 1966 van die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton met die oog op ‘n reünie in 2016 (50 jaar). Skakel Danie Hattingh. 083 227 6705.

* Hallo. Ek wil net weet hoekom die swembaddens in Vereeniging al jare nie meer oop is nie. Almal wat nie ‘n swembad het nie, moet Vanderbijlpark toe ry om te gaan afkoel. Wat van die wat nie voertuie het nie? Dit staan net toe soos wit olifante. Die Olympic en die een in die dorp. Wat ‘n jammerte, ek glo daar is baie mense wat bly sal wees as ten minste net een kan oopmaak.

* Ek soek asseblief peperwortels (horseradish) om te koop. 082 427 6135.

* Gesogte skool was die verkeerde keuse vir my kind. Solank jy kan borge uitdeel is dit al wat tel, of as jy saam met onderwysers kuier, of as jy ‘n onderwyser is. Ek is so moeg vir hierdie afbrekende skool!

* Bel ek gister my waterlesing in na Metsimaholo. ‘n Ongeskikte mev. H trap my onmiddellik uit omdat dit laat is. Dame, julle moet die lesing neem, dus doen ons julle ‘n guns en nie anders om nie. Wees gewaarsku, jul nikswerds is op dun ys!!

* Ek is op soek na die onderste staalpen van ‘n sambreel, die een wat in die grond ingaan. 083 380 4689.

* Het dringend adult doek noodig, ook slip ons larg of extra larg vir bejaarde vrou wat in ‘n rystoel is. Kan mx bel. 082 425 9955 of (016) 455 5474. Baie dankie.

* Goeie dag. Kan iemand my asb. sê met wie kan ek praat by die munisipaliteit om hul gronde langs my huis in Duncanville te kom skoonmaak. My huis is in die mark, maar die asgate word langsaan gemaak en dan wil mense nie die huis koop nie. Baie dankie. Susan. 083 274 5283.

* Soek asseblief kontaknommer van vlooimark wat Saterdae in Vanderbijlpark funksioneer. (U het nie u selnommer verskaf nie – Red).

* Porkys biltong is die beste! Uitstekende diens, beste pryse. Ek sal nooit weer iewers anders gaan nie. Vind hul op die h/v Fitzsimons & Moffatstraat, Vanderbijlpark.

* Ek weeg 117kg, sukkel om gewig te virloor, ek vra hulp. Ek is ook ‘n suikerlyer, vra of daar dulk iemand is wat in trapviets het wat ek binne in huis kan oefen om dit vir my te skenk asb? Ek is 50 en my gelkies is maar min. 082 686 1074. Ek is van Meyerton, ek het ook nie virvoer nie. Asb. ek vra mooi, jelp my om gewig te virloor asb.

* Die aap met die rooi kar wat in my donkerblou Panda vasgery het en niks werd is omdat jy weggery het en geen ordentlikheid in jou het deur te stop en te vra wie se kar dit is, of ‘n nommer te los nie. Dit was voor Campanella in Meyerton, jy weet wie jy is. As jy ‘n ordentlike mens is, kontak my by 073 963 2428. Ek wag vir jou!!

* Is daar nie lesers wat vir ons diabetiese resepte of geregte kan plaas nie asb?

* Dankie aan my kind se hoërskool! Julle weet net hoe om ‘n kind se sportlus te blus!

* Vorige SMS verwys…Aai Ellen, daai klein koekkies van 1987 is seker nou al groot koekke? Grappie.

* Susan….10 wette….lees jy eerder jou Bybel dan sal jy weet Jesus het vir dit gesterf….

* Vorige SMS’e verwys: Genade vrou in blou Nissan Tida… het jy die gedagte dalk al oorweeg dat hy jou nie wil ken nie… jy klink vreeslik desperaat… my innige simpatie…

* Mense help asb? Wat kan mens doen as ‘n persoon wat kwansuis mense se reperasiewerk doen, vir jare al aangaan om mense se geld te steel en dan doen hy nie die werk nie? Daar is al ‘n saak teen hom, hy is so skelm, niemand spoor hom op nie. Hy steel te lekker in die Vaaldriehoek, duisende op duisende. Hoe kan mens ander mense teen hom waarsku? Help asb.

* In die eerste maand van 2015 het Vaalweekblad gespog met 52 bladsye vol nuus (waarvan 35 ads was). Nou 20 blaaie met niks in, hoe nou redakteur, jy skiet ook maar lekker spek! Koos Kloppers.
Ai ou Koos, die drukkersduiwel het blykbaar jou koerant se inhoud gesteel! Ons ander lesers het verlede week ’n Vaalweekblad met meer as 40 interessante berigte, oor die 50 foto’s en ’n wye verskeidenheid pragtige advertensies gekry. Teen R4-90 vir die hele pakket, het ons lesers in werklikheid minder as 11 sent per berig betaal. Steeds uitstekende waarde vir geld né! Red.

* Wil net dankie sê vir werkers van Emfuleni Munisipaliteit vir die herstel van die straatlig in Von Wiellighstraat in SE1! Ons waardeer dit… die lig was al langer as vier jaar dood, maar nou brand dit! Joey.

* H, jy is nou al meer as een keer gebel oor jou man wat rondloop en jy het vermoed hy is skelm ook, tot jy hom gevang het met ‘n ander vrou in ‘n nagklub, ook oor iemand jou gebel het. Jy weet wat hy doen… die tekens is groot voor jou oë, maar jy hou jou doof en blind. Jy is ‘n fool om hom aanhoudend kanse te gee en sy soppige stories te glo. Hy lieg vir jou elke keer. Skrik wakker.

* Ai so jammer om te lees van die man wat deur honde aangeval is. Dit sal nou natuurlik weer die honde se skuld wees. Nie die wat hulle mishandel en gebruik vir gevegte nie. ‘n Hond kan net soveel verduur! Ongelukkig word ‘n onskuldige persoon altyd gebyt!

* Ek wil graag vir alle sportkinders in ‘n sekere gesogte skool die volgende noem: Springbokke kom ook uit B-spanne. Moet nooit toelaat dat hierdie afrigters van die skool julle selfbeeld skade aanrig nie.

* Heidi. Kan jy asb vir ons almal die nommer gee van tannie Annetjie en Corne? 073 246 0262.

* Hi ek is op soek na ‘n dame by name Hanli van Sonlandpark i.v.m. Overvaal skoolklere. Ek het kontak met haar gehad en haar nommer verloor toe my foon foutief was. As sy my dalk weer kan WhatsApp. Ek sal dit baie waardeer. Geraldine. 074 501 7326.

* Ons moes jou eintlik doodgemaak het die 12de Januarie 2012. My ma moes jou vrek gery het toe jy voor haar kar ingespring het! Dan kom jy die 6de Maart 2012 terug en beroof my met jou vuurwapen. Jou maatjie het die 10de Maart 2010 begin en die vet vrou het ons die 16de Februarie 2011 met die dood gedreig (Ons weet hierdie kom uit die draaiboek van ’n TV-sepie, ons kan net nie onthou watter een nie? Red).

* As daar enige iemand is in Hoërskool Overvaal wat die skool verlaat, of hulle skoolklere is te klein en kan dit nie meer gebruik nie, wat bereid is om dit te skenk vir ‘n dogter vir volgende jaar. Kan my kontak. 074 501 7326.

* Ek bly hier onder in die gat. So ent weg van my bly ‘n klomp in twee huise langs mekaar. Regtig dis goedkoop drugkoppe van kriminele. Letterlik! Die een se ma bly in Mosambiek. Hulle het te doen met al hierdie georganiseerde misdaad. Daar is altyd ‘n aanloop van skuimmense. Hulle bly ook sommer so saam.

* Die volgende aangeleentheid by die ontvangs van ’n sekere mediese sentrum was heel onvanpas: Pasiënte wat sit en wag moes teen hul sin na ‘n dame se lang, klipharde telefoongesprek luister oor haar voorgenome vakansie reëlings. Asb. wees bedagsaam en gaan praat buite. MD.

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button